Afrikaans Huistaal - Hoërskool Bastion

Go to content

Main menu

Afrikaans Huistaal

Akademie > Verpligte Vakke
 

AFRIKAANS HUISTAAL

Afrikaans Huistaal is volgens die Nasionale kurrikulum se vakriglyne ontwikkel.

Leeruitkomste:

Leeruitkoms 1:  Luister en Praat

Die leerder moet in staat wees om te luister en te praat vir verskillende doeleindes, teikengroepe en in 'n verskeidenhied kontekste.

Leeruitkoms 2:  Lees en Kyk

Die leerder moet kan lees en kyk vir begrip.  Verder moet leerders in staat wees om krities te evalueer en binne 'n wye verskeidenheid tekste response te lewer.  Genres bv. die roman, drama en poësie, word intensief bestudeer.

Die gemiddelde leesspoed wat aan die einde van die graad 9-jaar behaal moet word, is 230 wpm, met 'n begripsvermoë van 80%.

Leeruitkoms 3:      Skryf en aanbied

Die leerder moet in staat wees om vir 'n wye verskeidenheid doeleindes en teikengroepe te kan skryf en aan te bied, deur konvensies en formate, gepas vir verskillende kontekste, te gebruik.

Leeruitkoms 4:    Taal

Die leerder moet in staat wees om taalstrukture en -konvensies gepas en doeltreffend te gebruik.

Assesseringstake:
Veertien assesseringstake word jaarliksafgehandel.  Leerders moet 'n gemiddeld van 40% hiervoor behaal ten einde te kan slaag.

 
 
Back to content | Back to main menu