Bastion Comradeskoning - Hoërskool Bastion

Go to content

Main menu

Bastion Comradeskoning

Sport
 



'n Assistent wat al vir jare by die Hoërskool Bastion werksaam is,Stephen Nhlapo, het onlangs sy sesde Comrades Marathon suksesvol voltooi.
Hy is 'n kranige langasem met verskeie prestasies op sy kerfstok.Hy het die "Two Oceans" al drie keer gehardloop, met 'n beste tyd van vier uur, vyf minute.Hy het ook die "Om die dam" (Hartebeespoort) al vyf keer kafgedraf en het al korte mette gemaak van die "Loskop Marathon."
Sy beste wedloop was die Polisie se "Bobbis" van 32km, wat hy in 'n vinnige twee uur en vier minute afgelê het.
Stephen sê sy moeilikste Comrades was in 2006, toe hy die wedloop met 'n kniebesering aangepak het. Hy moes baie stap en het 11,5 uur geneem om dit te voltooi.
Hy oefen vier keer per week en hardloop dan 10km per keer. Oor naweke vat hy die langpad en oefen vir twee ure aaneen.
Sy groot droom is om die Gaberone, Kilimanjaro en Berlyn Marathon (almal
42km) te hardloop. Sy ander droom is om in Noordwes te gaan boer.

 
Back to content | Back to main menu