Bastion Idols - Hoërskool Bastion

Go to content

Main menu

Bastion Idols

Sosiaal

Die kompetisie word gehou op die formaat van die Britse Idols. Die leerders deurloop uitdunrondtes tot daar 6 - 7 junior- en 6 - 7 senior solo finaliste aangewys word. Groepe kan ook inskryf en daar word 2 - 4 groepe aangewys wat dan deurdring na die finaal.

Die beoordelaars is 'n onafhanklike paneel en daardeur word absolute regverdige beoordeling verseker.
Die leerders tree ten tyde van 'n gala-aand op waar hul twee liedjies sing. Die gehoor is tydens hierdie aand die eintlike beoordelaars. Deur 'n gehoor-stem word die Idol-wenners in die onderskeie kategorieë bepaal en aangekondig.

Die finaliste wat tydens die gala-aand optree, neem 'n CD op met hul eie keuse liedjie en hierdie CD word dan vrygestel tydens die gala-aand. Bastion Idols sluit ook 'n dansgroep in wat sorg vir die voor- en tussen items.

Hierdie kompetisie ontwikkel nie net leerders se sang- en danstalente nie, maar verbeter hulle selfvertroue en die vermoë om voor ander op te tree.

Bastion Idols is uiters gewild onder die leerders. Hoewel die senuwees uit die aard van die saak maar knaag, is die hele ervaring 'n absolute belewenis vir almal betrokke.

Die Hoërskool Bastion het onlangs sy jaarlikse Idols met groot welslae aangebied. Daar is met oorgawe musiek gemaak en die gehoor is behoorlik op musiek uit die boonste rakke getrakteer.


In die solo-afdeling het Anest Myburgh,'n graad 12-leerder, met die louere weggestap.


Pontsho Mmethi en Monique Byleveld, beide graad 11-leerders, het die gehoor in vervoering gehad met hulle weergawe van "Mama Mia".


Daar is met oorgawe gesing en musiek gemaak. Danielle Stafford en Marco van Kraayenburg, beide graad 12-leerders, is as groepwenners aangewys.


Marie-Louise Boshoff(graad 10) en Michelle Nel(graad 11) het ook die voete laat jeuk met hulle lekker musiek.

 
Back to content | Back to main menu