Main menu


Die kultuurdiere van die Hoërskool Bastion is onlangs die geleentheid gebied om uiting te gee aan hulle talente. Daar is gedans, gesing, voordragte gelewer en musiek gemaak -
Die "Speelgoed van glas" groep het die saal se dak behoorlik gelig met hulle kitare en dromme. Min van die toeskouers het op hulle stoele bly sit!
Anest Myburg het 'n ieder en elk se voete laat jeuk met haar treffende dansnommer. Donovan Kriel het ook nie op hom laat wag nie en 'n voordrag uit die boonste rakke gelewer.
Baie van die ander deelnemers het ook puik vertoon en groot waagmoed aan die dag gelê om voor 'n gehoor op te tree-
Beide "kunstenaars" en toeskouers het die aand terdeë geniet -
Foto: Anest Myburgh en Donovan Kriel lyk heel professioneel in hul kostuums.
Foto: "Speelgoed van glas": Sean van Heerden, Marco van Kraayenburg en Henry van Eeden.