Bastion het op 20 April sy dertigste bestaansjaar gevier. Die leerders van die skool het almal in 'n 30-formasie gestaan om die mylpaal te vier. Elke voogklas moes ook 'n koek bak vir die verjaardagpartytjie. Nadat die beste koeke aangewys is, is daar heerlik aan die gebak gesmul.
Twee graad 12-leerders, Henry van Eeden(links) en Marco van Kraayenburg, het musiek gemaak en luister verleen aan die geleentheid. Die makietie is deur leerders sowel as personeel geniet.
Leerders vanaf graad 8-12 is ook tydens hierdie geleentheid in die vorm van die getal 30 laat staan. Balonne en vrolike partytjiehoedjies het die fees afgerond.