Bastion word vereer - Hoërskool Bastion

Go to content

Main menu

Bastion word vereer

Sosiaal
 
Bastion word vereer



Twee leerders van die Hoërskool Bastion is onlangs deur die SAPD vereer.
Beide leerders was een middag na skool op pad huis toe, toe hulle gesien het hoe ander leerders deur rowers aangehou is en van 'n selfoon beroof is. Hulle vinnige optrede het daartoe gelei dat die polisie vinnig op die toneel was en hulle getuienis in die hof (vyf keer) het daartoe gelei dat  arrestasies gemaak is. Hier ontvang Ruan van Dyk en Andrea Pretorius 'n sertifikaat van Kolonel Wilken van die SAPD. Dr. Anton Prinsloo, skoolhoof, verskyn links op die foto.
Kolonel Wilken het ook die leerders toegespreek en hulle aangemoedig om die polisie se hande te versterk in die bekamping van misdaad. Hy het ook beklemtoon dat leerders  waaksaam moet  wees  waar ookal hulle hulle bevind.

 
Back to content | Back to main menu