Main menu
Divan Geyser, 'n hokkiekaptein van formaat
Divan het reeds baie indrukwekkende prestasies op die hokkieveld bereik. Hy speel in gr. 8 vir die eerste keer hokkie en draf tóé reeds vir die eerstespan uit. Vanaf graad 10 is hy kaptein van die eerstespan. Tot op datum het hy nie minder nie as 175 wedstryde vir Bastion se eerstespan gespeel.
Om sy prestasies nog meer merkwaardig te maak, word hy vanaf gr. 8 elke jaar in die D2-
Verder is Divan 'n gegradueerde hokkieskeidsregter wat gereeld wedstryde skeidsreg. Hy was ook al by die afrigting van 'n paar skole
Divan se hokkiedroom is om skoolspanne af te rig, terwyl hy van volgende jaar af sportwetenskap aan UJ gaan studeer.
Divan is nie net 'n kranige hokkiespeler nie, maar speel ook krieket, doen langafstande in atletiek en neem deel aan landloop.