Hierdie vak behels veral twee komponente: a. Swaarstroom sowel as 220V - 380V. b. Swakstroom (elektroniese) werk.
a. Voorbeelde hiervan is elektriese motors, huisbedrading, elektriese toebehore. b. Voorbeelde hiervan is bou van alarmstelsels, rekenaartegnici, motorindustrie ensovoorts.
Praktiese werk word deur leerders gedoen in alle fasette en dit sluit nou aan by die teorie. Moontlike beroepe: - Elektries/Elektroniese ingenieur - Elektriese/Elektroniese tegnoloë - Elektrisiën - Auto Elektrisiën - Elektriese passer - Elektriese tekenontwerper - Elektriese/Elektroniese tegnikus - Elektroniese meganikus - Lugversorgingstegnikus en Verkoelingstelsels.
Die vak benodig gespesialiseerde toerusting en dus is daar 'n finansiële lading verbonde aan die vak.
|