Fisiese Wetenskappe - Hoërskool Bastion

Go to content

Main menu

Fisiese Wetenskappe

Akademie > Keuse Vakke
 

Hoekom Fisiese Wetenskappe?

Die vak Fisiese Wetenskappe is 'n opwindende vak waar leerders self die geleentheid kry om in die laboratorium te eksperimenteer op baie verskillende gebiede.

Leerders ontdek speel-speel met dinamika trollies (karretjies) wat op 'n feitlik wrywinglose aluminiumspoor beweeg,  die wette van die groot Britse wetenskaplike, Isaac Newton, en kan met dieselfde apparaat ook vasstel wat sou gebeur as bewegende voorwerpe sou bots.

Die wonders van golwe word ondersoek en kennis wat so opgedoen word, kan gebruik word om verskynsels soos 'n tsoenami beter te verstaan. Die dubbelaard van liggolwe word eksperimenteel in die laboratorium  ondersoek  en selfs die fisika van musiek word bestudeer. Ossilloskope, seinopwekkers, mikrofone en foto-elektriese selle word in die proses ingespan om genoemde opwindende  verskynsels te ondersoek.

Met behulp van die Van de Graaff generator en elektroskope kan die verskynsel van 'n elektriese storm in die hoëveld  verklaar word. Verskeie apparate is ook beskikbaar om  die geheime van stroomelektrisiteit en die opwekking van 'n elektriese stroom te ontdek.

Die misterie van die atoom word op aanskoulike wyse gedemonstreer d.m.v. die defleksie-,  Malteserkruis- , ontladings- en Crookes se waaierbuis. Leerders kry ook die geleentheid om met atoommodelle molekule te rekonstrueer  en so die wonder van die chemie te ontdek.

Sodra die leerder dan nou 'n beter begrip het van hoe atome bind om molekule te vorm, kan hulle in die laboratorium die chemiese veranderinge wat stowwe ondergaan wanneer dit met ander stowwe reageer,  ondersoek.  Dit is groot pret! Soms gaan dit gepaard met  die produksie van gasse wat óf ontplof óf baie sleg ruik.  Die veranderinge van chemiese ewewigte word letterlik kleurvol ondersoek en  help leerders later in hul lewe om siektetoestande soos hoë bloeddruk, suikersiekte en depressie beter te verstaan.
Elektrochemiese selle wat chemiese energie in elektriese energie omskep, word opgebou  en so word die geheime van 'n gewone motorbattery ontvou.

'n Nuwe opwindende toevoeging tot die leerplan is die studie van chemiese sisteme. Die eerste twee jaar van die kursus (Graad 10 en Graad 11) sluit 'n bietjie geografie en geologie in. In die laaste jaar van die kursus (Graad 12) gaan ons ondersoek instel na wat in die chemiese industrie gedoen word met onder andere spesifieke verwysing na een van Suid-Afrika se grootste en belangrikste industrieë, naamlik Sasol.

Bo en behalwe dat  Fisiese Wetenskappe 'n opwindende en praktiese vak op skool is, maak 'n kwalifikasie in Fisiese Wetenskappe ook baie deure oop na 'n wye spektrum van beroepsrigtings.  Die volgende beroepe het almal 'n agtergrond van Fisiese Wetenskappe nodig vir hul studierigting.  Dit is dus duidelik dat 'n vak soos Fisiese Wetenskappe vir enige leerder net 'n aanwins kan wees.
Moontlike beroepe:
-    Fisici;  chemici
-    Plantkundiges
-    Dierkundiges
-    Mikrobioloë
-    Geograwe
-    Geoloë
-    Forensiese wetenskaplikes
-    Mediese wetenskaplikes
-    Ingenieurs
-    Ruimte wetenskaplikes.

 

Onderwerp

Graad 10

Graad 11

Graad 12

Meganika 12,5%

Beweging in een dimensie.
Gravitasie en meganiese
energie.

Krag
Momentum
Impuls

Beweging in twee
dimensies
Werk, drywing en
energie

Golwe, Klank en Lig 12,5%

Transversale pulse
Transversale golwe
Geometriese optika

Geometriese optika
Longitudinale golwe
Klank
Fisika van musiek

Doppler effek
Kleur
2D en 3D golffronte
Golfaard van materie

Elektrisiteit en magnetisme 12,5%

Magnetisme
Elektrostatika
Elektriese stroombane

Elektrostatika
Elektromagnetisme
Elektriese stroombane

Elektrodinamika
Elektronika
Elektromagnetiese
Straling

Materie en Materiale 25%

Makroskopiese studie
van elemente en verbindings.
Atome en molekules.
Inter- en intramolekulêre
kragte.
Elektronstruktuur en
Periodieke tabel.

Elektroniese eienskappe
van materie (diodes).
Molekulêre strukture
Atoomkern (radio-
aktiwiteit).
Ideale gasse en
termiese eienskappe.

Optiese verskynsels en
eienskappe van materiale.
Organiese molekule
Meganiese eienskappe
(o.a. Hooke se wet).
Organiese makro-
molekule.

Chemiese Veranderinge 18,7%

Fisiese en chemiese
veranderinge.
Gebalanseerde vergelykings.

Kwantitatiewe aspekte
van chemiese ver-
anderinge. (Berekeninge)
Energie veranderinge
tydens chemiese ver-
anderinge.
Tipe reaksies;
Suur-basis, Redoks,
substitusie, addisie en
eliminasie

Reaksietempo en
chemiese ewewig.
Elektrochemiese
reaksies.

Chemiese Sisteme 18,75%

Watersiklus
Stikstofsiklus
Die hidrosfeer

Die litosfeer:   aardkors
Die atmosfeer

Chemiese industrie -
hulpbronne, behoeftes
en chemiese verband.
(Sasol, chloralkalie,
kunsmisindustrie).

Back to content | Back to main menu