Geografie - Hoërskool Bastion

Go to content

Main menu

Geografie

Akademie > Keuse Vakke
 

Afdelings wat in die vak behandel word, sluit die volgende in:

Aardrykskundige oriëntering en tegniek
Dit ontsluit die volgende:   die gebruik van kaarte om posisies te bepaal, verskillende skale van lugfoto's en topografiese kaarte, rigting en peiling vanaf verskillende punte, afstands- en oppervlakberekeninge, deursnitte tussen bepaalde plekke en die identifisering van landvorme, asook G.I.S.

Atmosferiese verskynsels
Hier word gekyk na samestelling en struktuur van die atmosfeer, weersisteme en die impak van die weer op die mens en die omgewing, asook die mikroklimaat.

Landvormstrukture van die aarde
Ons bestudeer aardbewings, vulkane, die verskuiwing van die aardplate, gesteentetipes en die werking van natuurelemente wat erosie tot gevolg het.

Bevolkingsaardrykskunde
Hier doen ons kennis op van bevolkingsverspreiding en verstedeliking van die wêreldbevolking.

In kort stel ons die leerders bekend aan die wêreld om hulle en rus hulle toe om volwaardige aardbewoners te wees.

Beroepe:
-    Joernalis
-    Weerkundige
-    Loods
-    Sportbestuur
-    Lugverkeerbeheer
-    Argitek
-    Vervoerbestuurder
-    Plaaslike Munisipaliteit
-    Landbou
-    Bosbou
-    Mynbou
-    Industriële ontwikkelaar
-    Stadsbeplanner
-    Landmeter
-    Kartograaf
-    Weermag
-    Reklame
-    Telekommunikasie.

 
 
Back to content | Back to main menu