Main menu
Die skool begin op 22 April 1981 as Hoërskool Mindalore met 13 onderwysers en 207 leerlinge vir standerd 6 en 7. Die skool se naam verander na aanleiding van die straatname in die omgewing.
'n Bastion is 'n burg, 'n vesting, 'n fort, 'n herinnering aan die kasteel wat na die volksplanting gebou is om teen gevare te beskerm. Vanuit die kasteel -
Ons wens is dat Bastion vir elke leerder 'n vesting vir sy identiteit, kultuur en kennis sal wees.
President Kruger het gesê: "Soek uit die verlede vir dit wat goed en reg was en bou daarop voort in die toekoms."
Hier word daar progressief vorentoe gebou aan elke kind se toekoms, terwyl daar by die leerder die wil gekweek word om self 'n aandeel te hê aan die bou van sy eie toekoms -
Die skool is op die grens van Krugersdorp en Roodepoort geleë.