Main menu
Die graad 10-
Die sjefs het gebak en brou om kerspakkies van formaat vir die minder bevoorregte kleuters van twee plaaslike kleuterskole voor te berei. Dit het heerlike lekkernye bevat, waaraan die kleintjies met mening in die skool se restaurant gesmul het.
Plaaslike gemeentes het hand bygesit, sodat elke kleuter 'n kersgeskenkie kon ontvang, wat deur Kersvader aan hulle uitgedeel is. Sprekers het ook 'n treffende kersboodskap aan die jongelinge gegee. Daarna kon die kleuters na hartelus hulle kerspartytjie geniet en hulle geskenkies bewonder.
Me Anel van der Merwe, dieetkundige wat betrokke is by Bastion se Hotelskool, was verantwoordelik vir die uiters suksesvolle funksie.
Op die foto verskyn kersvader saam met twee van die kleuters.
Hier is nog 'n foto van die gemeenskapsdiensprojek:
Me Anel van der Merwe (dieetkundige), twee kleuters en Me Marietjie Smit ( Gasvryheidstudie-
Die graad 10-
Die hotelskool van Bastion het, in samewerking met Anchor Yeast, op 24 November 'n basiese broodbakkursus aangebied. Dit is op 25 November opgevolg met 'n kursus in soetgebak. Verskeie koffiewinkels en pizzaplekke se personeel het by bobaasbakkers kers opgesteek en het op die koop toe met 'n sertifikaat en hulle eie gebak huis toe gegaan. Die kursusse is ook deur dieetkundiges, huishulpe en spyseniers bygewoon. Die sukses hiervan het verseker dat daar in 2011 weer sulke verrykingsgeleenthede by die hotelskool aangebied sal word, gesels Me Marietjie Smit, vakhoof. Op die foto verskyn:
Mnr Dries Lombaard(personeellid van Bastion), Me Marie Mosea(assistent) en Me Anel van der Merwe(dieetkundige by Bastion).
Die senior leerders van die Hoërskool Bastion wat Gasvryheidstudies as vak neem,het onlangs 'n interessante en leersame demonstrasie van groentesnitte meegemaak.Sjef Carien van Tonder van die HTA School of Culinary Art het 'n verskeidenheid snitte aan die leerders bekend gestel. Hier is sy saam met Charmain Liddle(links) en Carina Schonken(regs), albei graad 10-