Ingenieursgrafika & Ontwerp - Hoërskool Bastion

Go to content

Main menu

Ingenieursgrafika & Ontwerp

Akademie > Keuse Vakke
 

Hierdie vak is deel van die integrasie van die kognitiewe denke en vaardighede wat gebruik word om te ontwerp ten einde 'n produk te vervaardig.

Dit is 'n kombinasie van lyne, simbole en grafiese kommunikasie.

Die vak sal leerders die volgende hoofvaardighede aanleer.

-   Om deur middel van grafiese ontwerp probleme in die siviele, elektriese en meganiese rigtings analities en grafies op te los.
-   Konsentreer baie op die teken van bv. masjienonderdele en huis-/geboueplanne.
-   Leer die basiese beginsels van teken en ontwerp ten einde oor te skakel na rekenaartekene, nl. CAD.
-   Berei voor vir beroepe in ingenieurswese en argitektuur en om planne te kan lees van Meganiese en Siviele tekeninge.
-   Ontwikkeling van hoë kognitiewe denke om probleme analities te kan identifiseer en kreatief te kan oplos.

Die enigste vak wat saam met een ander Tegnologievak geneem mag word.  Kostes:  ±R400 vir tekenbord en ±R150 vir tekenstel.

 
 
Back to content | Back to main menu