Inligtingstegnologie - Hoërskool Bastion

Go to content

Main menu

Inligtingstegnologie

Akademie > Keuse Vakke
 

IT is 'n baie opwindende vak wat meestal bestaan uit die oplos van probleme met behulp van 'n programmeringstaal Delphi.  Om hierdie vak te kan baasraak, is 'n baie, baie goeie begrip van Wiskundige beginsels nodig minimum 60% in gr. 9.  'n Leerder wat belangstel in IT as vak, geniet dit om woordprobleme op te los.

Die leeruitkomste in IT is as volg:
1.   Apparatuur en programmatuur (20%)
'n Kennis van rekenaar-verwante tegnologieë word opgebou en die leerder is in staat om die hardeware, asook sagteware van 'n rekenaar te identifiseer en te verstaan.

2.   e-kommunikasie  (10%)
In hierdie afdeling word datakommunikasie in netwerke, asook tegnologie om oor lang afstande met  behulp van rekenaartegnologie te kommunikeer, behandel.  Leerders maak deeglik kennis met die gebruik van die Internet en e-pos.  

3.   Sosiale en etiese kwessies  (10%)

Inligtings- en kommunikasietegnologie het 'n groot invloed op ons daaglikse leefwêreld.  Dit beïnvloed die omgewing waarin ons leef, die politiek en ons etiese standaarde.  IT-leerders is in staat om hierdie invloede krities te analiseer.

4.   Programmering en sagteware ontwikkeling  (60%)
Hierdie leeruitkoms beslaan die grootste gedeelte van die werk wat ons doen, en sluit in objek georiënteerde programmering in Delphi, asook sigblad- en databasisverwerking.  Baie klem word gelê op SQL - 'n baie kragtige navraagtaal.

Moontlike beroepe:
-    IT-Spesialis
-    Rekenaarprogrammeerder
-    Sagteware ontwikkelaar
-    Databasis bestuur

Die vak benodig gespesialiseerde toerusting en dus is daar 'n finansiële  lading verbonde aan die vak.  

 
 
Back to content | Back to main menu