Kuns en Kultuur - Hoërskool Bastion

Go to content

Main menu

Kuns en Kultuur

Akademie > Keuse Vakke
 

ONTWERPKUNS

Die doel van Ontwerpkuns is om leerders se kreatiewe, intellektuele en probleemoplossende kennis te ontwikkel.  Ontwerpkuns kan leerders bekwaam maak vir 'n visuele- en ontwerpkunstoekoms.

Leerders sal drie vorme van Ontwerpkuns instudeer.
Dit sluit die volgende in:
-   Die ontwerpproses;
-   Die produksie van ontwerp;
-   Ontwerpkuns in konteks.

Dit sluit praktiese werk, navorsingswerk, portefeuljewerk en toetse/eksamens in.

Die keuse van ontwerp sluit die volgende in:
-   Kommunikasie- / Inligtingsontwerp;
-   Illustratiewe ontwerp;
-   Dekoratiewe  ontwerp; Juwelierskuns
-   Tekstielontwerp; Glaskuns
-   Mode ontwerp;
-   Muurpapierontwerp; Weefkuns
-   Industriële Ontwerp;
-   Marionette;
-   Rekenaar ontwikkelde ontwerp; Keramiekontwerp.

Loopbane vir leerders met Ontwerpkuns as vak:
-   Grafiese kuns
-   Advertensiewerk
-   Animasie
-   Film en Video-Illustrasie
-   Fotografie en vele meer soos in Visuele Kuns.

Die vak benodig gespesialiseerde toerusting en dus is daar 'n finansiële  lading verbonde aan die vak.  

VISUELE KUNS

Visuele kunste is 'n vak wat opwindende en nuwe kreatiewe denke by die leerder bevorder.
Leerders verwerf die kapasiteit om praktiese en estetiese werk en besluite te ontwikkel.
Visuele kunste sluit die volgende kunswerk in:
-   Konseptualisasie
-   Kunsprosesse
-   Bestuur en uitstalling
-   Visuele Kultuurstudies

Alle vorme (soos bo genoem) sluit praktiese werk, portefeuljewerk, kunsgeskiedenis, navorsing en uitstallings van praktiese werk in.

Leerders met visuele kunste kan loopbane in die volgende gebiede volg:
-   Fine Art (professionele kunstenaar)
-   Advertensiewerk
-   Ontwerp en versiering
-   Handewerk
-   Kunsbestuur en Kunsbemarking
-   Kunsresensies (koerante)
-   Kunsuitstallings
-   Kunskurator (museums)
-   Kunsonderwys
-   Film en Video
-   Teaterkuns
-   Onthaaltegnologie.

NB:   Leerders wat in 'n kunsveld wil spesialiseer, MOET vir albei vakke 'n 55% gemiddeld hê om    universiteitsvrystelling te kan kry.

Die vak benodig gespesialiseerde toerusting en dus is daar 'n finansiële  lading verbonde aan die vak.  


DRAMASTUDIES

In hierdie grade is die teorie aansienlik meer.  Daar word 'n aantal toneelstukke voorgeskryf, waarvan 3 gekies word en in diepte ontleed en behandel word.  Aangesien daar tydens skooltyd nie genoeg tyd beskikbaar is vir praktiese sessies nie, vind prakties meestal in die middag plaas, hetsy individueel of in groepverband.  Hierdie praktiese opdragte kan insluit:  uittreksel uit toneelstuk, temawerk, poësie, prosa, monoloog, ensovoorts.  Om vir hierdie prakties voor te berei, moet leerders ten minste 3 ure per week beskikbaar en bereidwillig wees om te oefen.  Soms gebeur dit (soos in die geval van die graad 12's) dat daar ook op Saterdae geoefen moet word om leerders te slyp en af te rond vir hul finale praktiese eksamen.  Enige uitstappies wat gereël word na opvoerings is verpligtend aangesien opdragte ook hieruit spruit.  Indien die leerder nie bereid is om hierdie oefentye by te woon op 'n getroue basis nie, stel ons voor dat hy/sy eerder 'n alternatiewe vak oorweeg.

Kunswedstryde:
As deel van drama-opvoeding en blootstelling op die verhoog, word leerders verplig om in die derde kwartaal deel te neem aan kunswedstryde.  Hierdie geleentheid word aan hulle gebied om hul vrees vir die verhoog te oorkom, om te groei en te ontwikkel.

Kleredrag:
Buiten 'n gewone skoolsweetpak (vir praktiese sessies) is die leerder ook verplig om die volgende op eie onkoste aan te skaf:  'n lospassende sweetpakbroek en swart t-hemp wat by die vakonderwyser bestel moet word.

Beroepe:
-    Akteur/Aktrise
-    Omroeper
-    Motiveringspreker
-    Stelontwerper
-    Regisseur
-    Klank- en beligtingtegnikus
-    Onderwyser/es
-    Choreograaf

Die vak benodig gespesialiseerde toerusting en dus is daar 'n finansiële  lading verbonde aan die vak.  Nadere inligting sal voorsien word na die begrotingsvergadering met ouers op 23 Augustus 2010.


DANSSTUDIES

Vakvereistes:   (Die volgende moet in ag geneem word as hierdie vak gekies word.)

1.   Gespesialiseerde klere vir elke dansvorm.
  Skoene
  Romp (Spaans)
  Kostuums   
  Kastanjette    
  Leotard
  Kouse
  Dit moet aangekoop wees met aanvang van klasse.

2.   Dansstudies is nie slegs dans in klastye nie.  Die vak vereis dat baie ekstra ure na skool en selfs oor naweke ingesit moet word, bv. Maandae 13:45 - 16:00 en Saterdae:  10:00 - 13:00.

3.   Die vak behels ook teoretiese afdelings wat die volgende insluit:
Anatomie en Fisiologie
Musiek
Voeding
Hierdie gedeelte is moeilik en vereis STUDEERWERK.

4.   In graad 12 word die volgende vir prakties vereis:
-   Leerders moet self 'n produksie reël.
-   'n Solodans
-   'n Groepdans
-   'n Afrika dans
-   Improvisasie
-   Choreografie van 'n eie dans met eie dansers.
-   Sny van musiek ensovoorts.
  
Vir die prakties moet 'n leerder 65% hê om te slaag.


Slotsom:  Baie dissipline en toewyding word benodig vir hierdie vak.
Leerders moet ook 'n oudisie slaag om tot die vak toegelaat te word.
As leerders een les mis, verloor hulle baie werk en sal self moet inhaal.
Dit sal tot leerders se voordeel wees as hulle reeds enige vorm van dans gedoen het.

Die vak benodig gespesialiseerde toerusting en dus is daar 'n finansiële  lading verbonde aan die vak.  

 
Back to content | Back to main menu