Leerder Administrasie - Hoërskool Bastion

Go to content

Main menu

Leerder Administrasie

Bastionners
 
Epos Platform - Email Platform

Die Bastion Epos Platform vorm deel van Bastion se formele kommunikasie met die Bastion gemeenskap en het die volgende tweeledige doel:
1. Hoërskool Bastion streef daarna om kommunikasie effektief en professioneel aan sy leerders en groter gemeenskap te lewer deur dit in lyn te bring met die wyse waarop besighede en die professionele omgewing vandag kommunikeer.
2. Hoërskool Bastion wil graag die platform gebruik om Bastion as handelsmerk via bastionskool.co.za e-pos adresse te versterk.

Hoërskool Bastion glo dat elke leerder vir sy/haar korrespondensie met die skool wat verantwoordelik is en dat kommunikasie derhalwe direk aan die leerder gerig moet word. Ouers sal natuurlik op alle betrokke korrespondensie ge-'cc' word, indien die ouer dienooreenkomstig registreer. Sodoende word verseker dat die ouers te alle tye op hoogte gehou word van wat met die leerder gekommunikeer is.

Leerders:
- Alle leerders sal binnekort voorsien word van 'n bastionskool.co.za epos adres.
- Die eposse wat gestuur word na elke leerder se epos adres, sal op 'n aanlyn platform gefasiliteer word.
- Leerders benodig toegang tot die internet om hul eposse te lees, hetsy dit via 'n rekenaar of selfoon is.
Ouers:
- Dit is dus belangrik dat ouers sal aandui aan watter leerder se e-posadresse hul, hul eie epos adres/se gekoppel wil hê.

Algemeen:
Neem asseblief kennis dat alle korrespondensie reeds per skool (in geheel), per graad en per voogklas klas opgestel is. Indien daar nog groepe binne HS Bastion is (bv. die hotelskool) waarvan u graag Epos korrespondensie wil ontvang, dui dit asseblief aan.

 
 
Back to content | Back to main menu