Leessentrum - Hoërskool Bastion

Go to content

Main menu

Leessentrum

Ons Skool
 
 

'n Algemene klagte van ons tyd is dat mense nie tyd het om te lees nie. In dieselfde asem wek swak leesvaardighede by leerders groot kommer. Die volume verpligte leeswerk in skole word toenemend groter, met die gevolg dat leerders al meer begin sukkel om akademies te presteer.

Opvoedkundiges is al jare lank besig om die verskynsel van stadige lees te probeer oplos. Daarom is ons trots om te kan sê dat Hoërskool Bastion ook nou met 'n leessentrum spog, waar spoedlees beklemtoon word en algemene leesverbetering tot gevolg het.

Kursusgangers verdubbel gewoonlik hul leesspoed by so 'n kursus, wat beteken dat hul tweemaal soveel leesstof in dieselfde tydsbestek kan baasraak. Hand aan hand met leesspoed is leesbegrip wat as 'n definitiewe prioriteit beskou word. Verbeterde leestegnieke waarborg akademiese prestasie.

Ons het 'n rekenaargesteunde leesprogram wat ten doel het om leerders se leesvaardighede te verbeter.



 
Back to content | Back to main menu