Main menu
Die ATKV leierakademie se leerders het op 8 Oktober 'n projek geloods by 'n plaaslike ouetehuis.Die bejaardes is met sang en voordragte vermaak.
Die leerders het klanksisteme geleen, borge gekry vir koek en met durf die oues van dae se dag gaan opkikker. Beide leerders van Bastion sowel as Noordheuwel wat by die ATKV-
Die bejaardes van die Witpoortjie Ouetehuis het die jonges se optredes vreeslik geniet en hulle dank uitgespreek vir die genotvolle middag.
Ons by Bastion glo dat elkeen wat in ons skool is -
met ander saam te werk in 'n span
ander te help
leiding te neem
verantwoordelikheid te neem
trots te wees op wat jy doen
en nog vele meer.
Elke graadgroep bied elke jaar 'n leierontwikkelingsgeleentheid aan leerders om leiervaardighede te ontgin. Dit word dikwels deur professionele instansies aangebied.