Main menu
Die leerders van die Hoërskool Bastion wat Lewenswetenskap as vak neem, het onlangs 'n besoek aan UJ gebring waar die disseksie van rotte onder die loep geneem is. Leerders het eiehandig die rotte oopgesny en 'n deeglike studie van die organe gemaak onder toesig van dosente van die Zoologie Departement. Hier is Carel Nel, Minnaar Hoekstra en Zack Vermaak besig om die 'grillerige" taak uit te voer.

Disseksie van rotte is onder die loep geneem. Natasja Prinsloo, Kayla Pearson, Heleen van der Berg en Daniel Scholtz het die proses sommer vinnig onder die knie gekry.

Nog ander interessante uitstappies en projekte word vir die jaar beplan, onder andere veldwerk, die maak van parfuum, 'n besoek aan die Melville koppies, riviergesondheidstoetse, studies van medisinale plante en nog baie meer.