Hierdie vak word in verskillende afdelings ingedeel, wat deel vorm van 'n baie wye veld, naamlik: - Pas en draaiwerk - Motorwerktuigkunde - Ketelmakery - Metallurgie - Sweis 'n Baie goeie kombinasie met Ingenieursgrafika vir 'n baie wye studieveld.
Meganiese tegnologie bied leerders die geleentheid om: - Praktiese projekte te bou en te maak. - Leer om meganiese probleme op te los. - Teoretiese opdragte by die praktiese uit te bring. - Geleentheid tot entrepreneurskap.
Wiskunde is verpligtend.
Die volgende beroepe kan gevolg word: - Meganiese Ingenieurswese - Ontwerp - Metallurgiese Ingenieur - Professionele opvoedkunde - Auto meganika - Aardverskuiwing masjiene - Plaasimplementemeganika - Lugvaarttegnikus - Ketelmaker - Masjinis en passer - Sweiser
Die vak benodig gespesialiseerde toerusting en dus is daar 'n finansiële lading verbonde aan die vak.
|