Mnr SA besoek Bastion - Hoërskool Bastion

Go to content

Main menu

Mnr SA besoek Bastion

Sosiaal

Bergh by Bastion!

Op Donderdag, 2 Februarie, was die Bastionners (veral die dogters!) in vervoering oor die besoek van Adriaan Bergh, huidige Mnr. Suid-Afrika, aan ons skool.

Die Huisgenoot en You het dié aantreklike ster geborg om gedurende Januarie en Februarie motiveringspraatjies by skole te lewer. Sy boodskap lig die volgende punte uit:
• “Dream it to live it.” Elke mens moet ’n droom hê en jy moet daarna streef om dit te bereik.
• Dit verg baie harde werk om jou droom ’n realiteit te laat word. Hou moed, ten spyte van terugslae!
• Streef na balans in jou lewe. Gee aandag aan akademie, sport, ontspanning en jou geloof.
• Aanvaar jouself soos jy is. Respek vir jouself lei tot respek vir ander.
• Geloof: God in jou lewe gee jou krag om alles te doen waaroor jy droom en wat elke dag van jou verwag word.

’n Paar gelukkige leerders het T-hemde ontvang en kon na die geleentheid saam met Adriaan poseer vir ’n foto of twee.


Op die foto verskyn:
Agter : Cherie Kruis, Brendan Bell, Mnr SA, Adriaan Bergh en Stephen Brindle
Voor: Danielle Oosthuizen, Anja Opperman en Danelle Opperman.


 
Back to content | Back to main menu