Mr & Mej Bastion - Hoërskool Bastion

Go to content

Main menu

Mr & Mej Bastion

Sosiaal

Hierdie glansryke geleentheid word jaarliks gehou.

• 'n Junior seun- en dogterkompetisie word gehou. (Leerders uit graad 8 en 9).
• 'n Senior seun- en dogterkompetisie word gehou. (Leerders uit graad 10, 11 en 12).

Mnr en Mej Bastion Persoonlikheid, Mnr en Mej Fotogenies en die Debutant word ook aangewys.

'n Voorbeoordelingsfunksie vind plaas waar beoordelaars van buite vir 'n onderhoud genooi word.

Finaliste tree as debutante op en moet geld vir die skool insamel.

'n Choreograaf en Modelskool rig die finaliste af om op 'n loopplank te stap.

Drie wenners word aangewys in elke kategorie. Wenners ontvang pryse van groot bedrae geld asook geskenke van bekende instansies. Die aand word gereël volgens 'n tema met gepaste musiek en kostuums.






Ek wil graag 1 x DVD bestel en verstaan dat ek die R50-00 verskuldig by Mev M Geyser moet inbetaal.


Die Hoërskool Bastion het onlangs tydens 'n glansaand by Usambara sy skoonhede en aantreklikste manne gekroon. Die deelnemers het gesprankel en luister aan die geleentheid verleen.
In die juniorafdeling het Marisa Mondonca(middel) met die kroon weggestap. Kort op haar hakke was Nandi Oosthuizen(regs). Samantha Hattingh is as tweede prinses aangewys.



In die seniorafdeling is die pragtige Amor de Jager is as wenner gekroon.
Op haar hakke was Hanrie Venter(regs) en Chantelle Pienaar (tweede prinses)



In die seniorafdeling vir seuns was Arno Vermeulen die wenner. Franco Jansen van Vuuren(regs) het as eerste prins die knieë lam gemaak, terwyl Dirkie Grobler ook die toeskouers bekoor het.


Alexander Koen is as die wenner in die juniorafdeling aangewys.

 
Back to content | Back to main menu