Main menu
Die onnies van die Hoërskool Bastion het op 1 Maart 'n fietswedren gehou ter viering van die skool se dertigste bestaansjaar en om fondse in te samel vir die skool. Hier staan Mee Elanie van der Merwe, Marinda Schoeman, Sonet Mostert en Uriel Griessel reg om die rondte van 400meter te voltooi. Die leerders op die pawiljoen het hulle stemme dik gemaak vir die onnies op wie hulle geloot het. Me Marinda Schoeman het die betrokke wedren gewen. |
|
Mnr Dries Lombaard het tydens sy tweede wedren 'n bietjie hulp van die matrieks ontvang om vinniger by die wenstreep uit te kom. |
|
Hier is meneer Corneel van Dyk op volle vaart op pad na die wenstreep. In die agtergrond is meneer Dries Lombaard. |
|