Registrasie van nuwe leerders en graad 7-leerders kan by die skool gedoen word. Toelatingsvorms is by die skool beskikbaar. Die volgende dokumente moet asseblief voorsien word, as 'n leerder wil registreer:
- Ouer(s) se ID-dokumente
- Leerder se geboortesertifikaat
- Leerder se jongste rapport
- Twee ID-foto's van die leerder (swart\wit of kleur)
- Munisipale- of telefoonrekening
- Die skool kan ook gekontak word vir verdere navrae. Me Melitta Geyser (011) 762 5245\6