Rekenaarstoe-passingstegnlogie - Hoërskool Bastion

Go to content

Main menu

Rekenaarstoe-passingstegnlogie

Akademie > Keuse Vakke
 

Definisie:
Die gebruiker van die rekenaar moet in staat wees om:
-     Die funksies van die rekenaar effektief te gebruik, sodat 'n akkurate eindproduk gelewer kan word.
-   Verlangde inligting wat vir al die komponente van die samelewing - handel, nywerheid en navorsing - benodig word, te kan prosesseer, formateer, aanbied en kommunikeer.

Doel:
Om leerders in staat te stel om dokumente te ontwerp, ontleed, redigeer, prosesseer, aan te bied en inligting te kommunikeer aan verskillende komponente van die samelewing.

Rekenaartoepassingstegnologie bevorder die volgende by leerders:

-  Ontwikkel selfdissipline, selfvertroue, produktiwiteit, akkuraatheid, netheid en 'n persoonlike styl vir die prosessering van inligting en kommunikasievaardighede
-  Bekwaamheid om data te versamel, krities te ontleed, te organiseer en te verwerk.
-  Inligting en kommunikasietegnologie effektief te gebruik.


Leeruitkomste
Sodra hierdie leeruitkoms ten volle bereik is, sal leerders in staat wees om die volgende te bespreek of te kan doen:

Leeruitkoms 1: Operasionele kennis van Inligting en Kommunikasie
-  Rekenaarhardeware en -sagteware
-  Netwerkgekoppelde omgewings
-  Inligting- en kommunikasietegnologie
-  Etiek, sekuriteit en virusse
-  Ergonomie, veiligheid en gesondheid
-  Sosiale en omgewingskwessies
-  Gebruik van 'n bedryfstelsel, met inbegrip van lêerorganisasie
-  Algemene foutopsporing.

Leeruitkoms 2: Geïntegreerde toepassingsvaardighede en probleemoplossing.
-   Vaardigheid en datamanipulering
-   Effektiewe gebruik van toepassingsprogramme
-   Probleemoplossing en kreatiewe denke
-   Integrasie van verskeie programme
-   Effektiewe kommunikasie

Leeruitkoms 3:  Inligtingsbestuur
Akkuraatheid, bekwaamheid, produktiwiteit en buigsaamheid is uiters belangrik vir elke leerder tesame met rekenaarvaardighede en -kennis.

Om te verseker dat leerders 'n akkurate dokument lewer, moet hulle geleer word om die sleutelbord en muis effektief en korrek te gebruik.  Tesame hiermee moet proefleesvaardighede aangeleer word.

Sommige aktiwiteite moet binne 'n bepaalde tyd afgehandel word.  'n Leerder wat toetsbordvaardighede
bemeester het, sal dan in staat wees om take vinnig en effektief af te handel, sonder om te veel tyd te verloor.
Hoe meer hulle nou gehelp word om vinnig en effektief te werk, hoe makliker sal hulle effektiewe werkgewoontes aankweek.  Dit sal groot waarde hê in die werkswêreld waar tyd van kritieke belang is.

RTT bestaan basies uit drie dele, nl.:
1.   Hoëvlakgebruik van die rekenaar as probleemoplossingsinstrument (woordverwerking,    sigbladverwerking, databasisse  en aanbied van inligting op webblad en PowerPoint).  Funksies    wat vir algemene kantoorwerk geskik is, word wel in die vak gedek.
2.   Kennis van die rekenaartoerusting/-tegnologie soos dit in die praktyk gevind word, wat die    leerder in staat sal stel om keuses oor die maksimale benutting van tegnologie (bv. tipe Internet-   verbinding: ISDN, ADSL, satelliet of 'dial-up') soos hy dit in die praktyk vind, uit te oefen.
3.   Inligtingsbestuur (navorsingsmetodologie: die inwin, verwerking en aanbieding van inligting).

RTT handel dus oor die basiese inligting- en kommunikasietegnologie in die eindgebruikeromgewing en die gebruik daarvan.

Tik- en sekretariële vaardighede:
Die vraag wat ontstaan, is watter vak leerders wat primêr in die verwerwing van tik- en ander sekretariële vaardighede belangstel, behoort te neem.  Ons aanbeveling is soos volg:
1.   Laat die leerder RTT neem, maar lig hom/haar deeglik in oor die aard en inhoud van die vak.
2.   Moedig die leerders aan om hul tikvaardighede, spoed en akkuraatheid uit te brei d.m.v.    beskikbare "typing tutors" (programme wat op die rekenaar geïnstalleer word).
(Uittreksel uit Kurrikulumnuus 20/2005)

Die vak benodig gespesialiseerde toerusting en dus is daar 'n finansiële  lading verbonde aan die vak.

 
 

Dit is 'n vak wat elke dag deur elke individu. besigheid of staatsdepartement gebruik word.

Leerders leer om die boekhouding te behartig van verskillende ondernemingsvorme nl. Eenmansaak, Vennootskap, Maatskappy- en die van 'n nie winsgewende onderneming soos 'n Sportklub.

Leerders kry ook die geleentheid om 'n gerekenariseerde boekhoudingprogram nl. Pastel te doen en sodoende 'n sertifikaat te ontvang, uitgereik deur Pastel Softline as bewys dat die leerder die program suksesvol afgelê het.   Die sertifikaat kan ook by 'n werksaansoek voorgelê word.  (Dit is 'n eksterne eksamen).

Die meeste na-skoolse kursusse behels een of ander vorm van rekeningkunde.

Beroepe:
-    Geoktrooieerde Rekenmeester
-    Aktuaris,
-    Boekhouhouer/houdster
-    Ouditeur

 
Back to content | Back to main menu