Die leerder ontdek hoe tegnologie, die gemeenskap en die omgewing bymekaar inskakel. Veiligheid in die werksplek en entrepreneursvaardig-hede word aan die leerder bekendgestel deurdat hy vaardighede soos: navorsing, ontwerp, vervaardiging en evaluering van produkte en projekte, ontwikkel. Sodoende bemeester hulle die kuns om die kennis toe te pas in die tegnologiese omgewing.
Areas sluit in: huisplanne, winkeluitleg, kabinetmaak, verhoogoprigting, konstruksiewerk, dakkappe, messelwerk, loodgieterswerk, kosteberekening, ens.
Die vak benodig gespesialiseerde toerusting en dus is daar 'n finansiële lading verbonde aan die vak.
|