Main menu
Die rooi gedeelte simboliseer die Bastion (Onderste gedeelte op die skild).
Die kandelaar met sy drie arms, wat 'n eenheid is, simboliseer die Vader, Seun en Heilige Gees. Die Christelike godsdiens is en bly die anker van elke Christenvolk. Die drie vlamme simboliseer geloof, hoop en liefde. Die lig van die vlamme is die lig van kennis van beskawing, van mooi menswees, wat ons die toekoms indra. Ons sien ook graag die kandelaar as vennootskapsimbool: ouer, kind, onderwyser.
Binne die beskerming van die Bastion wil ons die dinge beveilig wat vir ons kosbaar en dierbaar is: ons tradisies, ons volkskarakter, godsdiens, taal en fyn menswees.
Met die dinge as ons ryke lewensinhoud, dra ons die beskawing, die geloof, die kennis, die orde en mooi menswees na buite en na die toekoms.
Op die wyse doen elkeen wat deel van die Bastion-