Sportblad - Hoërskool Bastion

Go to content

Main menu

Sportblad

Sport
 

TENNIS
Ons neem aan die D2-liga en die Puk Prestigereeks deel.
'n Buite-afrigter bied professionele tennisafrigting aan.

SWEM

Swem word in die somermaande aangebied.  Ons het ons eie swemgala waaraan enige swemmer kan deelneem.  Hierdie gala word in die eerste kwartaal by die Roodepoort munisipale swembad gehou.
Ons neem ook aan die "Sun City Swim Challenge" en die "Midmarmyl" deel en kompeteer in die Gauteng skoleliga.


SKAAK
Ons maak ons skuiwe in die D2-liga en die Puk Prestigereeks.
Afrigting geskied by die skool.
Skaakspelers kan ook aan ander toernooie (buite die skool) deelneem.
Gee jou Wiskunde 'n hupstoot en kom speel skaak.


LANDLOOP
Ons draf in die D2-liga en Puk-reeks.  Ons neem ook aan ander pretlope deel, waaronder die Bastion straatkilometer, wat  jaarliks in Januariemaand plaasvind.


GHOLF

Ons slaan af vir die Sentraal Wesrandliga en Puk-reeks.  Gholfspelers sorg self vir afrigting.


KRIEKET

Ons speel in die Sentraal Wesrandliga, Johnny Waite reeks, Noordvaal liga en Sentraal Wesrand 20/20-toernooi.
Krieketspelers ontvang afrigting by die skool.
Geleentheid word gebied om op internasionale vlak te speel.


ATLETIEK
Atlete ontvang afrigting in hoogspring, verspring, spiesgooi, diskus, gewigstoot, naellope, hekkies en langafstande.
Die Bastion Prestige Atletiekbyeenkoms is 'n jaarlikse hoogtepunt.
Ons neem aan die Noordheuwel Top 10-byeenkoms deel, asook aan verskeie kleiner vriendskaplike byeenkomste.
Atlete kan na die D2- en Gauteng kampioenskap deurdring.


RUGBY
Ons rugbyspelers kompeteer in die PUK Prestigereeks, Goue Leeus liga, Coke reeks en @tlantic 7's.
Afrigting vind by die skool plaas en ons afrigters is almal op hoogte van die nuutste ontwikkelinge aan die rugby front.  Daar word ook van buite-afrigters gebruik gemaak.

NETBAL
Ons speel in die PUK Prestigereeks en in die plaaslike liga.  Bekwame afrigters rig die dogters af.  Buite-afrigters word ook gebruik.

HOKKIE
Die hokkie bied 'n verskeidenheid byeenkomste waaraan deelgeneem kan word.
Ons speel in die PUK Prestigereeks en in die plaaslike liga.  Ons neem ook deel aan binnenshuise toernooie en die Noordheuwel reeks.  Van ons dogters en seuns is ook betrokke by KHOSA-klub se byeenkomste.
Afrigting geskied by die skool deur bekwame afrigters.  Buite-afrigters is ook betrokke.

 
 
Back to content | Back to main menu