Indien jy iemand is wat daarvan hou om navorsing te doen en jou bevindings op skrif neer te sit, is dit die vak vir jou. Daar word baie take gedoen. Meeste van die werk bestaan uit portefeulje-opdragte, maar daar is ook 'n teoretiese komponent. Toerisme is 'n praktiese vak en daar sal van jou verwag word om elke kwartaal 'n PAT opdrag in te handig bv. Die uitwerk van 'n reisplan of ontwikkeling van 'n kunstefees, ens.
Behalwe vir die take het Toerisme ook 'n teoretiese komponent. Kunstefees: Ons gaan poog om na 'n kunstefees te gaan.
Toerisme is 'n beroepsgerigte vak, wat jou onbeperkte geleenthede bied. Die vak vir die toekoms! Die vak vir jou!
Beroepe: - Reisagent - Toeroperateur - Hotelbestuur - Toerleier - Wildbewaarder - Entrepreneur
|