Wiskunde vs Wiskundige Geletterdheid
Akademie > Verpligte Vakke
A. i) Wat is Wiskundige Geletterdheid? Voorsien leerders met begrip vir die nut van die vak in die moderne wêreld. 'n Vak wat lewensverwante toepassings van wiskunde beoefen. Ontwikkel die vermoë en vertroue om probleme in daaglikse situasies te analiseer. Neem kennis dat dit geensins as 'n maklike vak bestempel moet word nie. Daar word klem gelê op toepassings eerder as abstraktheid!
ii) Doel van Wiskundige Geletterdheid Om landsburgers op te lei wat wiskundig geletterd is. Skep van opleidingsgeleenthede om basiese probleme in werklike situasies op te los. Brei basiese wiskunde vaardighede uit. Verstaan wiskundige grafieke, tabelle, ens. in media. Neem asseblief kennis dat Wiskundige Geletterdheid NIE voldoen aan enige studierigting wat WISKUNDE as 'n vereiste het nie.
|
B i) Wat is Wiskunde ? Menslike aktiwiteit wat deur alle kulture beoefen word. Is gebaseer op waarneming van patrone en logiese denke wat lei tot teorieë en abstrakte verwantskappe. Wiskundige probleemoplossing stel ons in staat om die wêreld te verstaan en om daarvan gebruik te maak in alledaagse lewe. Wiskunde is met verloop van tyd deur taal en simbole ontwikkel en kan steeds ontwikkel!
ii) Doel van Wiskunde Wiskunde is 'n dissipline in eie reg en vestig kennis sonder noodwendige toepassings in die lewe. Ondersoeke, veralgemening en bewyslewering is belangriker as die verwerwing van leerinhoud. Stel leerders in staat om te kommunikeer deur simbole, tabelle, diagramme en beskrywings in woorde. Wiskundige vaardighede word gebruik om probleme kreatief en krities te identifiseer en op te los. Vestiging van bande tussen Wiskunde as 'n dissipline en die toepassing van werklike probleemsituasies.
|
C Neem asseblief kennis dat beide Wiskunde en Wiskundige geletterdheid eksamenvrystellingsvakke is. Neem verder kennis dat leerders slegs tot aan die einde van Aprilmaand van die betrokke skooljaar, 1 toetgelaat word om van Wiskunde na Wiskundige Geletterdheid te verander. Dit is dus belangrik om deeglik te besin oor die keuse tussen die twee vakke. INDIEN 'N LEERDER SUKKEL MET WISKUNDE IN GR. 8 EN GR. 9, IS DIT GEGEWENS DAT DIE LEERDER UIT DIE STAANSPOOR WISKUNDIGE GELETTERDHEID NEEM. Indien die leerder eers gaan "probeer" om Wiskunde te neem en later, aan die begin van kwartaal 2 oorskakel na Wiskundige geletterdheid, gaan die leerder weer ekstra insette moet lewer om 'n hele kwartaal se werk baas te raak!
|
D. Moontlike beroepskeuses vir WISKUNDE Beroepe in die fisiese-, wiskundige-, rekenaars-, lewens-, aard-, ruimte-, tegnologiese en omgewingswetenskappe. Speel ook 'n belangrike rol in die ekonomiese-, bestuurs- en sosiale wetenskappe. Is 'n belangrike instrument om teoretiese en toegepaste aspekte van die wetenskappe te skep, ontdek en uit te druk.
|