Wydingsdiens - Hoërskool Bastion

Go to content

Main menu

Wydingsdiens

Sosiaal


Bastion begin elke kwartaal met 'n wydingsdiens in die NG Kerk, Culembeeck. Die hele skool stap saam na die kerkgebou toe. Die diens bestaan uit lofprysing en Woordverkondiging, wat elke kwartaal deur 'n ander leraar  waargeneem word. Tydens hierdie geleentheid word die skool, sy personeel en leerders aan ons Hemelse Vader opgedra en 'n gepaste boodskap word aan die hele skool gelewer.Na afloop van die verrigtinge stap almal dan weer saam terug skool toe om met die akademiese program te begin.



Die orkes "WARSHIP" het tydens 'n wydingsdiens in die NG Kerk, Culembeeck, opgetree. Hier is Ninquia Pelser, Marco Schoeman en  Bruwer Malan op die verhoog in aksie.

 
Back to content | Back to main menu